Jy is hier: Tuisblad - Oor ons
Oor ons
SATCH bied aan jong Suid-Afrikaners die geleentheid om in vyf verskeie kategorieƫ op te tree en sodoende hul musiek- en kunstalent te help ontwikkel. Hierdie kompetisie sal aan hulle 'n platform verskaf om uit te blink en nasionale erkenning te verwerf. Die vyf kategorieƫ waarin deelgeneem kan word, is dans, sang, drama, modelwerk en musiekinstrumentespel. (Elke kategorie bevat 'n aantal genres).








